
Wie ons is
Ons is 'n pa en dogter-duo wat mekaar in elke opsig aanvul.
n Lewe sonder ’n kamera is ondenkbaar – ek (Wilmarie) ken dit nie.
Van kindsbeen af is elke oomblik in die huis eers op film en later jare digitaal vasgevang. Die eerste tree, haasbekkies, eerste skooldag, Valentynsdanse, Matriekafskeid en Gradeplegtighede.
Maar ook die ongesiene oomblikke wat mens jare later koester, soos wakkerword foto's op jou verjaardag, my broer wat van sy fiets af val of my ma wat met haar enigste kleinkind n uiltjie knip.
Ek kan nou wel nie elke dag in jou lewe teenwoordig wees nie, maar vang graag sulke oomblikke tussen man en vrou, pa en dogter of ma en seun vas.
Kontak my as jy kosbare oomblikke saam met jou geliefdes wil verewig, of dalk net jou storie wil vertel.
Ek skryf graag terug.
Storielens liefde,
Wilmarie

Hallo daar!
Ek is Wilmarie Myburgh. ’n Kop-in-die-wolke dromer en selfopgelegde “creative.” ’n Sambreelterm vir alles kreatief, van foto’s neem en skryf tot hekel, macramé, DIY en in die kombuis eksperimenteer.
Saam met my man, dogter, seun, drie skaaphonde en ’n handjie vol hoenders, bly ek op ’n melkplaas tussen Porterville en Eendekuil. Ek is al beskryf as ’n old soul, en glo soms dat ek eerder in ’n era van koetse en handgeskrewe briewe hoort.
Kontak my
Of dit nou 'n Whatsapp, koffie-date of e-pos is,
Ek hoop om van jou te hoor.
072 879 9841